"Ek is in Paternoster woonagtig in ‘n huis wat André en Hannes, van Anker Bouers, vir my gebou het. My huis is gebou terwyl ek 1000 km ver woonagtig was. Om só vêr weg te wees van jou huis wat gebou word, kan sekerlik ‘n spanningsvolle ervaring wees. Ek het trouens al dikwels gehoor dat dit selfs ‘n nagmerrie-ervaring kan wees.
André het egter gereeld fotos gestuur van die vordering. Ek het gevoel ek was in kontak met die hele span ten alle tye. In hierdie tyd van bouwerk het André ‘n seun en Hannes ‘n broer aan die dood afgestaan. Ten spyte van dié groot hartseertyd vir hulle het hulle voortgegaan met die projek, omdat hulle aan die kliënt se verwagtinge wou voldoen. As ek van Anker Bouers hoor of lees, is die eerste woord wat in my gedagtes opkom: KWALITEIT! Ek het regtig gevoel dat hulle moeite doen om elke vereiste van die huiseienaar na te kom.
Hulle die tweede myl gestap! Toe ek die eerste keer in my huis instap, was dit met verwondering! Ek het groot waardering vir Anker Bouers se professionaliteit, eerlikheid, passie en behulpsaamheid. Ek is so dankbaar Anker Bouers was my keuse. Die reis van ‘n droomhuis bou was ‘n wonderlike ervaring! Gewoonlik sal mense sê “ek beveel hulle aan”. Ek sal egter sê “jy kry boukontrakteurs én boukontrakteurs ... en dan kry jy Anker Bouers!"
- Gugi Visser